LGBT

Die reënboogvlag.

LGBT is ’n afkorting van die woorde lesbies, gay, biseksueel en transgender. Dit word wyd beskou as sinoniem met die gay gemeenskappe. Dit word sedert die 1990's gebruik en het die ouer afkorting LGB vervang wat gebruik is in plaas van die ou term "gay" met verwysings na die LGBT-gemeenskap.[1] Aktiviste het gevoel die term "gay gemeenskap" verteenwoordig nie almal na wie dit verwys volkome nie.[2] Die afkorting word deur die meeste gemeenskappe aanvaar wat op seksuele en gender-identifikikasie geskoei is.[3][4]

Sommige groepe verkies die afkortings LGBTQ (vir die byvoeging van "queer" of "questioning"),[5][6] LGBTI (vir "interseksueel")[7][8] of selfs LGBTQIA+ om die hele spektrum van menslike seksualiteit en gender in te sluit, ook aseksuele.[9]

Hier volg ’n kort beskrywing van elke term:

  • Lesbiër: Vroulike homoseksuele persoon
  • Gay: Manlike of vroulike homoseksuele persoon
  • Biseksueel: Aantrekking tot die teenoorgestelde geslag sowel as tot die dieselfde geslag
  • Transgender: Iemand wie se selfidentiteit nie ooreenstem met sy geslag nie. Sulke mense ondergaan dikwels ’n geslagsverandering.
  • Queer: Gewoonlik jonger mense wat die woord queer gebruik om hulself te beskryf.
  • Interseksueel: Mense wat met beide manlike en vroulike seksorgane gebore is.
  • Aseksueel: Iemand wat geen seksuele aantrekking tot ander voel nie.
  1. Acronyms, Initialisms & Abbreviations Dictionary, Volume 1, Part 1. Gale Research Co., 1985, ISBN 978-0-8103-0683-7. Factsheet five, Issues 32–36, Mike Gunderloy, 1989
  2. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Gay Pride Nee
  3. Centerlink. "2008 Community Center Survey Report" (PDF). LGBT Movement Advancement Project. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 23 Maart 2020. Besoek op 29 Augustus 2008.
  4. "NLGJA Stylebook on LGBT Terminology". nlgja.org (in Engels). 2008. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 April 2012. Besoek op 24 April 2018.
  5. The Santa Cruz County in-queery, Volume 9, Santa Cruz Lesbian, Gay, Bisexual & Transgendered Community Center, 1996. Books.google.com. 1 November 2008. Besoek op 23 Oktober 2011. p. 690
  6. "Civilities, What does the acronym LGBTQ stand for?". Washington Post. Besoek op 19 Februarie 2018.
  7. William L. Maurice, Marjorie A. Bowman, Sexual medicine in primary care, Mosby Year Book, 1999, ISBN 978-0-8151-2797-0
  8. Aragon, Angela Pattatuchi (2006). Challenging Lesbian Norms: Intersex, Transgender, Intersectional, and Queer Perspectives. Haworth Press. ISBN 1-56023-645-0. Besoek op 5 Julie 2008.
  9. "Archived copy". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Julie 2016. Besoek op 25 Mei 2016.{{cite web}}: CS1 maint: archived copy as title (link)

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search